FUNKSIES
Suidsee Eiendomme het dit goed gedink om funksies te hou
vir die gemeenskap en het besluit op 4 Seisoen funksies nl.
Herfstee, Wintertee, Lentetee en Somertee.
Die Herfstee het alreeds plaas gevind die 11 Maart ’06
by Die Oude Stasie Restaurant, en was ‘n Groot Sukses.
Johan Ries was die sanger vir die geleentheid en het met
sy aangename persoonlikheid en mooi sang die dames vir die
geleentheid vermaak. Alma van Wyk van Bondchoice Mosselbaai
het die dames meer ingelig oor “verband lenings”.
Leana Ries (semi finalis Mev Verenigde Nasies) het die
funksie bygewoon om die dames meer te vertel oor haar projek “WEET
JY DAT JESUS JOU LIEF HET” vir behoeftige kinders in
Groot Brakrivier omgewing.
Die pryse vir die trekkings is geborg deur HARTKORP
- GARDEN ROUTE BOUTIQUE HOTEL DIAZSTRAND & SPA, BOLAND
PARK LODGE, RIVIERA HOTEL HARTENBOS, BONDCHOICE MOSSELBAAI,
CAPE HONEY BUSH TEE, JUDITH LE ROUX EN ZETTIE SMIT.
Wintertee – 10 Junie 2006
Lentetee – 9
September 2006
Somertee – 11 November 2006
Navrae: 044 620 204/8
|